Home

Welkom by die Mangweni website!

Mangweni uitreik is 'n sendiguitreik na 'n plattelandse nedersetting in Suid-Afrika. Die uitreik het die naam Mangweni gekry vanaf die dorpie waarheen gegaan word. Die dorp is geleë naby die grens van Mosambiek, suid van Komatipoort.

 
Mangweni uitreik is 'n kort termyn uitreik wat deur Nederduitse Gereformeerde Kerk Universiteitsoord gedoen word. Ons is 'n groep studente wat elke ses maande Mangweni toe gaan om sendingwerk en uitreikwerk daar te doen. Die uitreik is al oor die vyftien jaar lank aan die gang. Die groep verander so met die tyd, dit is meestal studente van Universiteitsoord wat op die uitreik gaan maar enige iemand is welkom!
 

 
 
Mat 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."

Water probleem in Mangweni!? Kyk hier vir meer!

 
 

Blog: Die wat op die Mangweni uitreik was, skryf jou eie blog met jou getuienis!